Kategese

 

Borrelkerk

Hierdie kwartaal begin die Borrelkerk met die Kids Xpress Sondagskool matiriaal genaamd: “’n Vrugtefees saam die Heilige Gees” . Die lesse handel op ‘n praktiese vlak oor die vrug van die Gees. Elke week leer die kinders op ‘n FUN, kleurvolle manier hoe die Gees ons elke dag help. Met hulp van Appelliefie (pop) en ons Borrelkerk juffrouens is dit sommer lekker om van Jesus te leer!

 

Gr 4-6

 

Die laerskoolkategese is die kwartaal gebasseer op die “Ondekkers” reeks opgestel deur die Posklub. Hierdie lesse fokus op die fundamentele konsepte en vrae van die Bybel op ‘n Laerskools vlak. Ons het twee nuwe onderwysers/mentors hierdie kwartaal by hierdie groep, en Riaan en Dewald sien uit om die groep beter te leer ken en die pad verder saam hulle te stap!

 

GR 7-10

Jaco is die graad 7-10 mentor, en hierdie groep behandel die basiese temas van die Bybel, maar met baie meer vleis aan! Die temas en lesse is so gestruktureer vir baie interaksie waar die mentor en kind saam kan gesels oor die Here, die Bybel en allerdaagse lewe.

 

 Belydenisklas

 

Die Belydenisklas word voorberei vir hulle belydenisaflegging. Oom Andre en Thys behandel die “Geloof wat rêrig is” boek. Onder andere word daar gepraat oor die Formuliere van Eenheid, vrae oor ander kerke en gelowe en die 10 gebooie. Alles en nog wat word op Sondae bespreek, en die graad 11s word aangemoedig om vrae te vrae en verder te dink om ons geloof toepaslik te maak op ons daaglikse lewens.